Modulekode | LEK 410 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Module-inhoud | Teorie van markanalise. Die module fokus op die fundamentele aspekte van aanbod, vraag en prys anl;ise in die landbou. Nadat die teoretiese agtergrond van vraag en aanbod behandel is, word die aspekte wat toegepas is in ekonometriese simulasiemodelle, ook prakties aangebied. Dit sal insluit die identifikasie van veranderlikes wat die vraag en aanbodkurwes kan skuif, elastisiteite en impakvermenigvuldigers. Die student word getaak om 'n projek in te dien waarin die student die vraag-en-aanbodsituasie van 'n kommoditeit van keuse met behulp van 'n ekonometriese model bepaal het. Landbouprysanalise: Prysvasstelling onder verskillende marksituasies, praktiese benadering tot die bepaling van markstruktuur, wat gevolg sal word deur praktiese toepassings van verskeie markstrukture. Prystendense asook die meting van prysveranderings deur indekse te gebruik, spesifiek seisoenale indeksering, veranderings in die belangrike makro-ekonomiese veranderlikes sal deurlopend bestudeer word. Alle aspekte word ook ondersteun deur hele aantal praktiese lesings. |
Modulekrediete | 24.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Voorvereistes | LEK 220 en LEK 210 |
Kontaktyd | 3 lesings per week, 2 praktiese sessies per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Landbou-ekonomie, Voorligting |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App